Skoolswangerskappe: Waar’s die kriminele sake?

Skoolswangerskappe blyk net toe te neem en is ‘n groot uitdaging. Meer as 7 450 gevalle is tussen 2021 en 2023 aangeteken. In die Zambezi-streek alleen het 147 skoolmeisies in die eerste kwartaal van die jaar swanger geraak, terwyl 77 gevalle in 2023 aangeteken is. Baie van hulle is onder 16, met die jongste net 14 jaar oud. Die wettige ouderdom van toestemming in Namibië is 16 en enigiemand wat met ‘n persoon onder 16 intiem verkeer is dus skuldig aan statutêre verkragting. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, oor hoekom die mense wat skoolmeisies onder 16 swanger maak nie vervolg word nie.