95 Libiërs gaan huis toe
Suid-Afrika se departement van Binnelandse Sake het voorbereidings afgehandel om 95 Libiërs te deporteer wat verlede maand in Witrivier, Mpumalanga, in hegtenis geneem is. Die saak teen hulle is in Witrivier se landdroshof teruggetrek. Volgens die binnelandse sake-minister, Leon Schreiber, sal die mans Suid-Afrika van die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe verlaat op ‘n vlug waarvoor die Libiese regering betaal het.