Blinken ontmoet Bibi vandag in Tel Aviv
Amerika se buitelandse sake minister, Antony Blinken, is in Tel Aviv om op ‘n wapenstilstand in Gaza aan te dring. Dit is sy 10de reis na die streek sedert die oorlog in Oktober 2023 begin het. Hamas het intussen Israel daarvan beskuldig dat hy Blinken se pogings ondermyn. Die groep sê hulle hou die Israeliese premier Benjamin Netanyahu verantwoordelik vir die verydeling van bemiddelaars se pogings, die uitstel van ‘n ooreenkoms en die blootstelling van Israeliese gyselaars in Gaza aan dieselfde aggressie waarmee Palestyne te kampe het. Blinken is geskeduleer om met senior Israeliese leiers, insluitend Netanyahu, te vergader voordat hy na Egipte sal vertrek.