Dien verklarings in, beveel hof vir Swapo, Nandi-Ndaitwah
Die Windhoekse hoërhof het Swapo en sy presidentskandidaat, Netumbo Nandi-Ndaitwah, beveel om beantwoordende beëdigde verklarings in te dien in die saak waarin vyf lede die party hof toe vat. Hulle betwis die sentrale komitee se besluit om nie ‘n buitengewone kongres te hou binne 90 dae ná die dood van president Hage Geingob in Februarie nie. Swapo en Nandi-Ndaitwah moet die verklarings teen 30 Augustus indien, het die hof beveel. Swapo-lid Reinhold Shipwikineni en vier ander voer aan dat die besluit om die buitengewone kongres tot April volgende jaar uit te stel ‘n skending van die party se grondwet is.