Curriebeker-oorwinnings vir Haaie, Leeus
Rugby: Die Haaie het hul Curriebekerkragmeting met die Cheetahs in Bloemfontein met 25-20 gewen. Albei spanne het drie drieë gaan druk, maar Lionel Cronjé se skopskoen het die verskil gemaak vir die Haaie. In Johannesburg het Renzo du Plessis met ‘n driekuns drieë bygedra tot die Leeus se oortuigende oorwinning van 41-22 oor die Westelike Provinsie. Die laaste kragmeting die naweek vind vanmiddag om drie-uur in Welkom plaas tussen die Griffons en die Griekwas. Die voorste span op die puntetabel ná sewe wedstryde is die Bulle met 31 punte, gevolg deur die Leeus, Cheetahs en Haaie onderskeidelik.