Dricus wen eerste titel-verdediging in PerthAugust 18, 2024
Gemengde gevegskuns: Suid-Afrika se UFC middelgewigkampioen, Dricus du Plessis, het sy geveg teen Israel Adesanya in Perth gewen. Dit was Du Plessis se eerste titelgeveg sedert hy in Januarie die wêreldkampioen geword het. Adesanya het in die vierde ronde handdoek ingegooi na Du Plessis hom grond toe gevat het. Die Springbok-kaptein Siya Kolisi en die slot Eben Etzebeth het voor die geveg Du Plessis na die kryt vergesel.