Mbumba sonder demokrasie, sekuriteit uit by SAOG-beraadAugust 17, 2024
President Mbumba Nangolo sê in sy nooienstoespraak by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se spitsberaad in Zimbabwe dat Namibië verbind bly tot die SAOG-beginsels en -riglyne vir demokratiese verkiesings. Hy het verwys na die besoek van die organisasie se Verkiesings-adviesraad aan die land, en sê hul bevindings sal gerespekteer word en hul raad en aanbevelings sal aandag geniet. Mbumba sê die aanhoudende veiligheidsuitdagings in die Demokratiese Republiek van die Kongo hou ‘n potensiële bedreiging in vir streeksvrede en veiligheid. Dit vereis ‘n kollektiewe poging en sterker politieke wil van die organisasie om vrede te verseker.