Kursk-aanval ‘sal Rusland dwing om te onderhandel’

‘n Senior amptenaar in die kantoor van die Oekraïnse president Volodymir Zelensky, sê die doel van die inval in die Russiese Kursk-streek is om Moskou na die onderhandelingstafel te dwing en met vredessamesprekings te begin. Mykhailo Podolyak sê die inval sal openbare menings ook beïnvloed want Russiese burgers is geskok oor die Oekraïnse magte se vermoë om Russiese grondgebied binne te dring. Inwoners van Pokrovsk in die Donetsk-streek is intussen aangesê om te ontruim. Russiese magte nader glo die buitewyke na intense gevegte die afgelope paar dae.