Omgewingsgroep verwelkom opskorting van kernenergie-verkryging
Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut verwelkom die regering se besluit om die verkryging van kernenergie op te skort. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het die terugtrekking aangekondig van die plan om 2 500 megawatt kernenergie te produseer. Die organisasie het die plan in die hof uitgedaag. Woordvoerder Francesca de Gasparis beskou die besluit as ‘n oorwinning vir openbare deelname en demokratiese prosesse.