Dundee se belang in Tsumeb-smelter mag verkoop word

Die Kanada-genoteerde Dundee Precious Metals het aangekondig dat die verkoop van sy belang in die Tsumeb-smelter aan ‘n filiaal van Sinomine Resource Group deur die Namibiese Mededingingskommissie goedgekeur is. Dundee sê die verkoop is op koers om in die derde kwartaal van die jaar te sluit. Dit is nog onderhewig aan die voltooiing van die dokumentasie rakende die hersiene koopprys en voorgestelde tolreëling.