Noord-Korea maak weer oop vir toerisme

Noord-Korea gaan later vanjaar sy grense heropen vir internasionale toeriste. Byna alle besoekers is die land sedert 2020 verbied weens streng Covid-beperkings, maar die grens na Samjiyon en moontlik die res van die land gaan oopgestel word. Noord-Korea is besig met ‘n sogenaamde sosialistiese utopia in Samjiyon. Nuwe woonstelle, ‘n ski-oord en handels-, kulturele en mediese sentrums is gebou as deel van ‘n projek om ‘n hoogs-beskaafde stad in die berge te skep.