Gaan die Fishrot-saak nou uiteindelik begin?
Nog mosies deur beskuldigdes in die Fishrot-saak het in die hoërhof misluk. Regter Moses Chinhengo het twee mosies van Sacky Shanghala, James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo, wat regsadvies by die hof wou inwin oor hoe om met die saak voort te gaan, van die hand gewys. Chinhengo het verduidelik dat die hof slegs aanwysings kan gee, nie regsadvies nie. Hy het beslis die applikante wou regsadvies kry en nie leiding van die hof nie, soos beoog deur Reël 32 van die hoërfhofreëls, beteken dat die kennisgewing van mosies nie aangehoor mag word nie. Hy sê die beskuldigdes moet volgende week pleit, sodat die verhoor kan voortgaan.