AA voorspel brandstofprys gaan weer sak

Die Outomobiel-Assosiasie voorspel ‘n vierde agtereenvolgende daling in brandstofpryse volgende maand, gegrond op on-geouditeerde, middel van die maand-data deur die Sentrale Energiefonds. Die verwagte verlagings sluit in sowat 68-sent per liter vir 95-oktaan petrol, 63-sent vir 93-oktaan, 52-sent vir diesel en 78-sent vir lampolie. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê die verlagings kan toegeskryf word aan laer internasionale pryse en ‘n effens sterker rand.