Drie gedood in Russiese aanvalle op Oekraïne se Donetsk
Drie burgerlikes is die afgelope 24-uur dood en vyf gewond in Russiese aanvalle in die oostelike Donetsk-streek in Oekraïne, nadat Moskou se magte pogings verskerp het om die stad Pokrovsk te bereik. Donetsk word gedeeltelik deur Russiese soldate beset en word gereeld geteiken. Oekraïne glo die verowering van die streek is van die uiterste belang vir Moskou. Russiese magte het dié week hulle aanvalle op die front by Pokrovsk verskerp nadat Oekraïnse magte Woensdag ‘n verrassingsaanval geloods en 35-kilometer in die Kursk-streek in Rusland inbeweeg het.