Kunsteraad stel derde toekenning-siklus bekend

Die Nasionale Kunsteraad van Namibië sê kunstenaars speel ‘n deurslaggewende rol in die vorming van kultuur en samelewing, maar hul werk word dikwels onder-waardeer en onder-befonds. Die raad poog om kunstenaars, wat veral swaargekry het onder die Covid-pandemie, te ondersteun deur toekennings aan hulle te gee om hul kreatiewe projekte na te streef. Kunstenaars word aangemoedig om deel te neem aan die derde kwartaallikse toekenning-siklus vir die 2024-2025 finansiële jaar. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 13 September om vier-uur die middag. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gretta Jasper, die Kunsteraad se administratiewe beampte, wat meer inligting verskaf.