VN betreur 40 000-plus sterftesyfer in Gaza

Die Verenigde Nasies se hoë kommissaris vir Menseregte, Volker Türk, sê die sterftesyfer in Gaza wat meer as 40-duisend is, is ʼn skrikwekkende mylpaal vir die wêreld. ʼn Gemiddeld van sowat 130 mense, waaronder vroue en kinders, sterf die afgelope tien maande daagliks in Gaza. Türk sê die situasie word bemoeilik omdat Israel se weermag volgens hom nie oorlogsreëls nakom nie: