Trump se eis dat regter onttrek van swyggeld-strafsaak misluk weer

Donald Trump se jongste aansoek vir ‘n nuwe regter in sy New York swyggeld-strafsaak is van die hand gewys. Die saak is nou op pad na ‘n sleutelbeslissing en moontlike vonnisoplegging volgende maand. Regter Juan Merchan sê Trump se eis was ‘n herhaling van onakkuraathede en ongegronde bewerings oor sy onpartydigheid. Dit is die derde keer dat Merchan so ‘n aansoek van die voormalige president se regsverteenwoordigers verwerp. Hulle voer aan die regter het ‘n belangebotsing want sy dogter werk as ‘n politieke raadgewer vir vooraanstaande Demokrate, insluitend Kamala Harris.