Los lyfstraf, volg eerder hierdie riglyne
Die onderwys-ministerie het ‘n onderwyser, Petrus Ndeulita, afgedank nadat hy blykbaar verskeie kere leerlinge onder lyfstraf laat deurloop het. ‘n Video van een van die leerlinge wat ‘n stoel vir langer as ‘n uur in die lug moes hou het die rondtes gedoen op sosiale media. Dit is gevolg deur publieke verontwaardiging en Ndeulita se afdanking. Kosmos 94.1 Nuus het met die maatskaplike werker en presidentskandidaat Rosa Namises gepraat, wat alternatiewe opsies noem om kinders te straf.