NamibRand nou Afrika se eerste Wildernis-stilpark
Die NamibRand-natuurreservaat in die suidweste van Namibië is aangewys as Afrika se eerste Wildernis-stilpark, in erkenning van sy verbintenis tot die behoud van ongerepte woestynhabitat en die verskaffing van ‘n stil toevlugsoord vir wild en besoekers. Die eer word toegeken deur Quiet Parks International, wat sê stil plekke regoor die wêreld is besig om vinnig te verdwyn. NamibRand is ook in Mei 2012 as ‘n gewys as ‘n Goue Vlak Internasionale Donker Lugreservaat aangewys vir sy beskerming van die naghemel en nagtelike habitatte.