Air Namibia-werkers dankbaar, maar stryd vir geld ‘onnodig’

Oudwerknemers van Air Namibia sal uiteindelik hul volle uitbetalings kry, na hulle ‘n saak daaroor in die hoërhof gewen het. Die lugredery is al in Maart 2021 gelikwideer en die groep moes sedertdien baklei om hul pakkette te ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Renier Bougaard, die groep se woordvoerder, wat sê hulle is dankbaar die stryd is verby, maar dit was onnodig.