Mens pols-oksimeters werk beter in renosters

Pols-oksimeters wat oorspronklik vir mense ontwerp is, kan meer doeltreffend aangewend word om die bloedsuurstofvlakke van renosters te monitor terwyl hulle verdoof en geïmmobiliseer is. Dit het met nuwe navorsing deur die Universiteit van Pretoria aan die lig gekom. Die immobilisering van renosters om hulle horings te verwyder het ‘n roetine-prosedure vir veeartse geword wat met die diere werk om hulle teen stroping te beskerm. Dr. Thembeka Mtetwa van die universiteit sê die renoster se derde ooglid is die mees betroubare plek om die pols-oksimeter aan te heg: