Eerste geval van kinderdemensie in Namibië bevestig
Kinderdemensie is die gevolg van progressiewe breinskade en word veroorsaak deur meer as 100 seldsame genetiese afwykings. Geaffekteerde kinders word daarmee gebore. Hulle ly ook aan simptome soos verwarring, geheueverlies, spraakverlies en meer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Berrie Holtzhausen, die uitvoerende hoof van Alzheimer’s and Dementia Namibia, oor die eerste kind in die land wat met kinderdemensie gediagnoseer is.