Meatco se jaarvergadering onbepaald uitgestel

Die deurmekaarspul by Meatco blyk om voort te duur. Die jaarvergadering, wat môre sou plaasvind, is uitgestel met geen datum wat verskaf is nie. Die rede vir die uitstel, wat reeds laat Woensdagnamiddag deur die uitvoerende hoof Mwilima Mushokabanji aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig is, is ook nie bekend gemaak nie. Die maatskappy is deur ‘n moeilike tyd met veral finansiële uitdagings. Produsente wat met Kosmos 94.1 Nuus gesels het, is teen 11-uur  vanoggend nog nie van die uitstel ingelig nie.