Voetganger-ongelukke: Shebeens is te naby aan die pad

Die Oshana-polisie het groot kommer oor die aantal voetgangers wat raakgery word in stedelike gebiede in die streek. Die mag het shebeens as die hoofoorsaak geïdentifiseer en sê ook die informele kroeë is te naby aan die paaie en ook hoofroetes. Kosmos 94.1 Nuus het die streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria oor die uitdaging gepraat.