Venaani bevraagteken uitstel van uitspraak

Die PDM-leier McHenry Venaani het sy misnoeë uitgespreek oor die uitstel van die uitspraak in sy daak teen die grondhervormingsminister Utoni Nujoma en die ministerie. Die party dagvaar oor ‘n grondooreenkoms tussen die regering en die Russiese miljardêr Rashid Sardarov om vier plase vir 99 jaar te huur. Sardarov het die grond in 2018 gekoop, aan die ministerie geskenk en toe ‘n 99-jaar pag ontvang. Regter Orben Sibeya het die saak tot 19 September vir uitspraak uitgestel. Venaani sê hy dink daar is iets anders aan die gang en dat grondgeregtigheid moet geskied.