DA voer weer oorsiginspeksies oor skoolvoeding in Gauteng uit
Die DA in Gauteng het onlangs opvolg-oorsiginspeksies by verskeie skole insluitend die Vosloorus Comprehensive School en die Kwanele Primary School in Katlehong gedoen. Die inspeksies volg na klagtes oor die ongereelde en nie-aflewering van maaltye by die skole. Sergio Isa Dos Santos van die DA sê daar was ook kommer oor die gehalte van die maaltye wat aan leerders verskaf is na ‘n dispuut oor die skoolvoedingskontrak van 1 miljard Suid-Afrikaanse rand: