Vertraging in vrystelling van misdaadsyfers is ‘n frustrasie

Die DA is gefrustreerd oor die vertraging met die bekendmaking van misdaadsyfers vir die eerste kwartaal van die 2024/’25-boekjaar. Die syfers moet nog deur die kabinet goedgekeur word. Die polisie het die syfers van die derde kwartaal van 2023/’24 in Februarie bekend gemaak. Die DA se adjunk-woordvoerder oor die Polisie, Lisa Schickerling, het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, gevra om die statistiek dringend vry te stel: