Repokoers verlaging en die impak op beleggings

Reaksie word ontvang op die verlaging van die plaaslike repokoers na 7,5 persent. Die Namibiese repokoers is nou 75 basispunte laer as Suid-Afrika s’n wat ‘n impak op plaaslike beleggings kan beteken. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, gesels.

Klein voorsien nie dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse vinnig sal verlaag nie.