Nigeriese owerhede slaan toe op onwettige olieverwerking

Nigeriese weermagtroepe het ten minste 27 onwettige raffineringsterreine vernietig en beslag gelê op gesteelde ruolie ná klopjagte op onwettige oliebunkerterreine in die Nigerrivier-delta. Grootskaalse oliediefstal en sabotasie van pypleidings het die uitset van Nigerië, Afrika se top-energieprodusent, in die wiele gery en uitvoere in die afgelope jaar laat afneem, wat staatsfinansies knou. Danjuma Jonah Danjuma, waarnemende weermagwoordvoerder, sê daar is beslag gelê op sowat 100 000 liter gesteelde ruolie en drie voertuie gelaai met onwettig geraffineerde brandstof. Die klopjagte is deel van voortgesette operasies om oliediefstal hok te slaan.