Onderwys-direkteur verduidelik afdankingsproses
Die onderwys-ministerie het in ‘n verklaring die omstandighede verduidelik rondom die afdanking van onderwyser Petrus Ndeulita van die Hashiyana Primêre Skool in die Oshana-streek. Ndeulita het blykbaar ’n leerder by die skool gestraf deur hom vir ’n uur lank ’n stoel in die lug te laat hou. Uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp sê dat Ndeulita, soos alle onderwysers in diens van die ministerie, met sy aanstelling op 2 April 2019 ‘n eed afgelê het teen die gebruik van lyfstraf. Kosmos 94.1 Nuus het met Steenkamp gesels, wat sê die saak is van ‘n ernstige aard en Ndeulita kan teen sy afdanking appelleer.