Spanje ondersoek Katy Perry se video in beskermde sandduine

Amptenare in Spanje ondersoek die sangeres Katy Perry vir die verfilming van ‘n musiekvideo in ‘n ekologies sensitiewe duingebied in die Beleariese Eilande sonder toestemming. Die video vir haar jongste enkelsnit, Lifetimes, toon die sangeres op die eilande Ibiza en Formentera. Tonele wat glo in die middel van die beskermde duine van die onbewoonde eiland S’Espalmador in Formentera verfilm is, het veral kommer gewek. Die duine in privaat besit is van groot omgewingswaarde.