Baleka Mbete kritiseer ANC oor armoede, dienste

Die voormalige adjunk-president, Baleka Mbete, sê die ANC het die bal laat val in die 30 jaar van demokrasie. Sy het in ‘n onderhoud met die SABC voortgesette maatskaplike kwessies soos armoede en onvoldoende dienslewering beklemtoon. Mbete het ‘n gebrek aan strategiese gesprekke binne die party benadruk en is bekommerd oor die verswakking van grondwetlike strukture. Sy vra ‘n hernude fokus op leierskap.