VN Menseregteraad kap Mianmar oor oorlogsmisdade
Die Verenigde Nasies se Menseregteraad sê hy het heelwat bewyse gekry dat die Mianmar-weermag toenemend wrede oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom in dié land pleeg. Die raad het bewyse van meer as 900 bronne ingesamel, wat meer as 400 weergawes van ooggetuies insluit. Tydens ondersoeke is bewyse gevind van marteling, seksuele mishandeling en kindermishandeling deur weermaglede. Die Verenigde Nasies sê niemand word vir enige misdade aanspreeklik gehou nie wat oortreders gerus maak en die kultuur van strafloosheid in die land vererger.