Japan se eerste minister gooi handdoek in

Japan se eerste minister, Fumio Kishida, sê hy gaan hom nie vir ‘n tweede termyn as die Liberale Demokratiese Party se leier verkiesbaar stel nie. Sy besluit bring ‘n einde aan ‘n termyn van drie jaar wat gekenmerk is deur skandale, stygende lewenskoste en ‘n rekordbesteding op verdediging. Die 67-jarige se gewildheidskoers het verlede maand tot 15,5-persent gedaal. Kishida sê die duidelikste stap om te bewys dat sy party verander, is vir hom om te bedank. Hy sê deursigtige en vrye verkiesings en vurige debatvoering is nou belangriker as ooit te vore.