Peiling oor verskiesingsuitslag: Partye moenie kla nie, doen beter

Reaksie word ontvang op die peiling deur Afrobarometer wat voorspellings doen vir die uitslae van die verkiesings. Die LPM sal moontlik die amptelike opposisie word. Swapo sal na beraming net meer as 50 persent van die stemme op hom verenig met die LPM wat inkom op 5,6 persent. Die IPC sal 5 persent kry en die PDM 4,9 persent. Nudo sal 3,1 persent ontvang. Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê partye moet op hou kla oor die peiling en hulle sokkies optrek.