Werkloosheid in SA aangedryf deur rasse-wetgewing – VF+

Die Vryheidsfront Plus sê werkloosheid in Suid-Afrika sal in ‘n ramp eindig as die ANC nie ‘n einde bring aan sy diskriminerende wetgewing oor ras in die arbeidsektor nie. Die land se werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal van die jaar van 32,9-persent tot 33,5-persent in die tweede kwartaal gestyg. Heloïse Denner van die VF Plus sê hulle waarsku al jare lank dat wetgewing oor swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie die ekonomie en die arbeidsektor sal vernietig: