Bewyse in staatskapingsaak is verlore

Die Nasionale Vervolgingsgesag en die Ondersoekdirektoraat het volgens berigte die databasis met bewyse wat die Zondo-kommissie se ondersoekers ingesamel het, verloor. Dit word aan ʼn gebrek aan onderhoud toegeskryf. Die bewyse is in veilige wolk met gespesialiseerde programmatuur gebêre en die Justisie-ministerie is die bewaarder daarvan. Volgens News24 bevat die databasis vermoedelik nog verswarende getuienis teen ANC-lede en staatsbeheerde instellings soos Eskom en Transnet. Die NGV se woordvoerder, Mthunzi Mhaga, sê sonder hierdie getuienis kan hulle nie vordering maak met die staatskapingsake nie.