Peiling sê Swartbooi onttroon Venaani as opposisieleierAugust 14, 2024

Die jongste peiling deur Afrobarometer toon dat die LPM moontlik die amptelike opposisie sal word na die komende verkiesing. Swapo sal na beraming net meer as 50 persent van die stemme op hom verenig met die LPM wat tweede inkom op 5,6 persent. Die IPC sal 5 persent van die stemme kry en die PDM 4,9 persent. Nudo sal 3,1 persent ontvang. Amper 7 persent van respondente het nog geen keuse nie met 7,4 persent wat nie sal stem nie.