Tatjana Smith praat oor sukses, bepleit groter steun vir sport
Olimpiese Spele: Die viermalige medaljewenner Tatjana Smith sê sy voel nederig en trots nadat sy die goue medalje in die 100-meter borsslag en silwer in die 200-meter in Parys losgeswem het. Dit het gevolg op haar twee medaljes in Tokio. Smith het met haar aankoms op die OR Tambo Internasionale Lughawe gesê sy bly daartoe verbind om ander Suid-Afrikaanse atlete te ondersteun. Sy het onderneem om haar steeds vir die verbetering van die sportlandskap in Suid-Afrika te beywer, ondanks haar uittrede.