Familie van man wat selfmoord pleeg dreig sy meisie by begrafnis

Tien mense is agter tralies nadat hulle na bewering ‘n 34-jarige vrou tydens haar kêrel se begrafnis naby Ongwediva aangerand en gedreig het. Die tien staan tereg op aanklagte van aanranding deur dreigemente sowel as laster. Die vrou het die begrafnis van die 37-jarige Matheus Ekandjo, wat  selfmoord gepleeg het in Walvisbaai bygewoon, toe ‘n groep mense, glo die oorledene se familielede, by die tent ingestorm het en haar met die dood gedreig het as sy nie sê wat tot Ekandjo se dood gelei het nie. Hulle het ook gedreig om die vrou se kinders dood te maak, haar daarvan beskuldig het dat sy Ekandjo vermoor het.