Hoe raak erge ongelykheid beleggers?
Namibië is globaal tweede na Suid-Afrika in terme van inkomste-ongelykheid, met ‘n ongelykheidsindeks-telling van 59,1 volgens ‘n verslag deur Rand Merchant Bank. Die land se werkloosheidsyfer het 20,6 persent behaal, effe beter as die buurland, volgens die bank se Waar om in Afrika te Belê-model. Die verslag sê beide lande worstel met verskanste ongelykheid. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Halleluya Ndimulunde, ‘n ekonoom by Simonis Storm, oor of dit ‘n impak op voornemende beleggers in Namibië sal hê.