Kritieke minerale in Zambezi ontdek
Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu, het die ontdekking van ‘n hoë konsentrasie kritieke minerale aangekondig in gebiede van Kamenga tot Batubaja. Die ontdekking was gemaak deur Zita Dias Diamond Resources, nadat hulle eksplorasiewerk in die streek gedoen het. Volgens die inligting-ministerie se Zambezi-kantoor sluit die minerale in aluminium, silikon, fosfor, swael, chloried, kalium, kalsium, mangaan, yster, kobalt, koper en tantaal. Sampofu het tydens die aankondiging ‘n beroep op die streek se inwoners gedoen om ontwikkeling te omhels, nadat sommige die maatskappy se eksplorasiewerk probeer keer het.