Musk-Trump gesprek eintlik niksseggend
Die langverwagte onderhoud tussen X-eienaar Elon Musk en Donald Trump, wie Musk ondersteun as Amerikaanse president, was toe on-indrukwekkend. Dit was meer ‘n geselsie as enigiets anders en het niks bevat wat Trump se beleid geraak het nie. Die twee het ook breedvoerig gesels oor die sluipmoordpoging op Trump.