Oekraïne, Rusland wys vingers na mekaar oor kernkragstasie-brand

Oekraïne en Rusland beskuldig mekaar oor ‘n brand wat by die verkoelingstorings van die reuse Zaporizhzhia-kernkragstasie uitgebreek het. Oekraïne se president Volodimir Zelensky het gesê Russiese magte het die brand by die aanleg gestig wat nou meer as twee jaar lank deur Moskou se magte beset word. Zaporizhzhia se goewerneur, wat deur Rusland aangestel is, het gesê ‘n Oekraïnse aanval het die brand laat ontstaan. Die aanleg is sedert 2022 onder Russiese beheer. Daar is die afgelope twee jaar geen krag opgewek nie en die ses reaktors is sedert April afgesluit.