Dodetal in ashoop-instorting styg verder

Die dodetal van ‘n afval-storting in die Ugandese hoofstad Kampala het tot 23 gestyg, insluitend vyf kinders. Mense en vee is Saterdag onder berge vullis in die stortingsterrein in die noordelike Kampala distrik van Kiteezi begrawe na die ineenstorting wat deur swaar reën veroorsaak is. Graafmasjiene is ingespan om deur die massiewe afvalhope te werk terwyl die desperate soektog na oorlewendes deur huilende inwoners dopgehou is. Die vrese bestaan dat daar nog baie meer mense onder die vullis begrawe is.