Teen 2050 sal grootste deel van wêreld te warm wees vir Spele
Die grootste deel van die wêreld sal teen 2050 te warm wees om die Olimpiese Spele aan te bied, met dele van Noord-Amerika wat na raming ‘wet-bulb’ temperature van meer as 32-grade Celsius sal ervaar. Dit is die mening van CarbonPlan, ‘n klimaatswetenskap en ontledingsgefokusde organisasie sonder winsbejag. ‘Wet-bulb globe-temperature’ is ‘n kombinasie van hitte, ongemak, windspoed, die son se hoek, en wolkbedekking. Die grootste deel van Oos-China, insluitend Beijing en Shanghai sal ver bo die perk wees. CarbonPlan sê Londen, Oslo en Stockholm kan meer aantreklik vir die Spele wees.