Outa het kommer oor SA Maritieme Veiligheidsowerheid

Die Organisasie teen Belastingmisbruik doen ‘n beroep op die parlement se portefeuljekomitee oor Vervoer om ernstige bestuurskwessies aan te spreek by die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid. Die organisasie se kommer sluit in die afwesigheid die afgelope agt jaar van ‘n permanente uitvoerende hoof, die omstrede heraanstelling van die bedryfshoof Sobantu Tilayi, en ‘n hangende 44-miljoen-rand siviele eis. Stefanie Fick van Outa vra ‘n in-diepte-oudit en aanspreeklikheid oor onreëlmatige besteding: