Uganda dodetal styg tot 17

Die dodetal na ʼn grondstorting by ʼn groot stortingsterrein in Uganda se hoofstad Kampala het tot 17 gestyg terwyl 14 gered is. Die Kiteezi-stortingsterrein is die enigste in die hele Kampala met sy sowat 4 miljoen inwoners. Die inwoners kla lank reeds oor gevaarlike afval wat die omgewing besoedel. President Yoweri Museveni het opdrag gegee dat ondersoek ingestel word waarom mense toegelaat is om so naby die potensieel gevaarlike gebied te woon.