Geestelik gestremde meisie, 17, ontvoer en verkrag
‘n Geestelik gestremde meisie van 17 is vir vyf dae aangehou by Okatope in die Ohangwena-streek deur ‘n 22-jarige verdagte wat haar oor die tydperk herhaaldelik verkrag het. Volgens die Namibiese polisie het die misdaad by ‘n skrootmetaal-aanleg plaasgevind. Die kind is as vermis aangemeld en op 10 Augustus gevind. Die verdagte het gevlug en die ondersoek duur voort.