Magashule sê sy assistent word soos terroris behandel
Die gewese ANC-sekretaris-generaal, Ace Magashule, sê sy voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota, word soos ʼn terroris behandel. Sy is Donderdag uit Amerika gedeporteer. Die staat beweer Cholota was betrokke by die asbes-korrupsiesaak van 255 miljoen Suid-Afrikaanse rand omdat sy na bewering namens Magashule geld by sakelui gevra het. Sy verskyn na verwagting vandag in die Bloemfontein-landdroshof. Magashule sê hy is onskuldig: